Die ma van ‘n Mej SA finalis is moontlik nie wie sy se, sy is nie. Na ‘n ondersoek van die departement van binnelandse sake is gevind dat die finalis, Chidimma Adetshina se ma, moontlik iemand se identiteit gesteel het. News24 berig dat as gevolg daarvan kon ‘n Suid-Afrikaanse ma, na bewering nie haar kind registreer nie.

Die departement het sy ondersoek uitgebrei om enige amptenare wat by die beweerde bedrieglike skema betrokke is te identifiseer. Asook om regsadvies in te win oor die implikasies van Adetshina se burgerskapstatus. Haar deelname aan die kompetisie het verdeeldheid veroorsaak aangesien sommige mense verneem het dat haar pa ‘n Nigeriër is.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×