Sou Nigerië haar as verteenwoordiger kies, kan Chidimma Adetshina moontlik saam met Mejuffrou Suid-Afrika na die gesogte Mejuffrou Heelal-titel mik. Netwerk24 berig Adetshina het ‘n uitnodiging aanvaar vir die Mejuffrou Heelal-Nigerië-kompetisie, waar ‘n verteenwoordiger vir die Mejuffrou Heelal-kompetisie gekies word.
Terwyl sy reeds ‘n top-tien-finalis was, het Adetshina haar verlede week, te midde van omstredenheid oor burgerskap, aan die Mejuffrou SA-kompetisie onttrek. Mia le Roux is die afgelope naweek as Mejuffrou Suid-Afrika gekroon.