ʼn Memorandum met 8 000 handtekeninge is aan pres. Cyril Ramaphosa se kantoor oorhandig.
Verskeie drukgroepe het hul eise gestel oor die Wysigingswet op Basiese Onderwyswette (Bela).
Netwerk24 berig dat sowat 10 verteenwoordigers die memorandum op 11 Desember 2024 aan ’n amptenaar van die presidensie, Charles Ford, oorhandig het.
Die Regering van Nasionale Eenheid (RNE) se geskilbeslegtingsmeganisme bespreek Bela op 12 Desember 204 met die doel om ’n ooreenkoms te bereik.
Die omstredenheid draai om die toepassing van klousules vier en vyf.
Die president se sperdatum om daarop te reageer is op Vrydag, 13 Desember 2024.
1 Comment
Comments are closed.