Die vermoorde steroïedkoning, Brian Wainstein, se voormalige lyfwag is medies ongeskik verklaar om in ’n hoëprofielsaak teen beweerde onderwêreldfigure te getuig.
Eyewitness News berig die lyfwag, wat slegs as “Meneer X” geïdentifiseer mag word, die staat se hoofgetuie in die saak teen die vermoorde onderwêreldleier, Mark Lifman, en sy mede-beskuldigdes was.
LEES MEER: Vermoorde bendebaas dui op toenemende geweld in die misdaad wêreld
Meneer X het Lifman, Jerome “Donkie” Booysen, André Naudé en 12 ander by Wainstein se moord betrek.
’n Psigiater het Meneer X tot 2 Desember as ongeskik verklaar om te getuig.