Byna ‘n derde van Suid-Afrika se staatshospitale en klinieke het tydens inspeksies nie aan voorgeskrewe standaarde voldoen nie. Dit volgens die minister van gesondheid, Aaron Motsoaledi.

Rise Mzanzi se Makashule Gana, sê die inligting voorspel niks goeds vir die Nasionale Gesondheidsversekering nie. Die Nasionale Gesondheidsversekering is ‘n tipe mediese fonds waar openbare en private hospitale asook ander gesondheidsinstellings, as diensverskaffers gekontrakteer word.

ʼn Fasiliteit het egter ʼn sertifikaat van nakoming van die Kantoor van Gesondheidstandaarde nodig om ʼn kontrak te mag kry. Die party voeg by dat Suid-Afrika sy gesondheidsfasiliteite behoorlik moet toerus asook dat hulle voldoene professionele- en hulpppersoneel moet aanstel.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×