Mense is glo met klippe bestook deur vermeende EFF-lede wat vandag in Phoenix, noord van Durban ‘n optog gehou het

Mense is glo met klippe bestook deur vermeende EFF-lede wat vandag in Phoenix, noord van Durban, ‘n optog gaan hou het oor bewerings van rassisme. Mense wat langs die pad gestaan het en mense wat in hul woonerwe na die optoggangers gekyk het, is glo deur klippe getref. Die polisie het egter enige moontlike spanning, vinnig ontlont. ‘n Groot groep EFF-lede het vanoggend by die Ghandi Luthuli-park saamgetrek vir hul optog na die Phoenix polisiestasie.  Die EFF het die aanvalle vroeër in Phoenix as rasgedrewe moorde bestempel. Naasbestaandes van die vermoordes het ook aan die EFF se optog deelgeneem en sakeondernemings op die roete na die polisiestasie, het hulle deure gesluit. Die polisie monitor steeds die situasie waar optoggangers nog in die gebied is.

Luister na potgooie hieronder