Tientalle lede van die gemeenskap op Ceres het uit alle rigtings aangehardloop gekom om te help toe ‘n ouetehuis, Huis Pieter Strauss, op oukersaand aan die brand geslaan het. Die bejaardes is op hul matrasse uitgedra en ander in hul rolstoele uitgestoot. Netwerk 24 berig slegs een bejaarde is dood, vermoedelik weens rookinaseming. Mark Mentor, voorsitter van die gemeenskaps-polisiëringsforum het gister vertel wat in ‘n groot tragedie kon ontaard, is deur die hulp van die gemeenskap verhoed. Mentor het gesê dit was ‘n wonderlike gesig om te sien hoe al die jong mans saamwerk om die gebou te ontruim en die bejaardes te help. ‘n Bewoë Mentor het vertel hoe mense ook van die verswakte bejaardes in hul arms uit die tehuis gedra het. Mentor het gesê die brand het waarskynlik in die kombuis ontstaan. Die bejaardes is intussen na ‘n dienssentrum oorkant die pad geneem waar hulle tydelik versorg word.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×