Na aangemelde gevalle van vermoedelike bilharzia-infeksie word die publiek gewaarsku om nie in die Krugersdriftdam wat tussen Bloemfontein en Dealsville geleë is, te swem nie.
Die Vrystaatse LUR vir Landbou, Landelike Ontwikkeling en Omgewingsake, Elzabe Rockman, sê in ‘n mediaverklaring twee besoekers wat onlangs in die dam geswem het simptome wat met bilharzia-infeksie ooreenstem getoon.
Bilharzia, is ‘n infeksie wat veroorsaak word deur ‘n parasitiese wurm wat in vars water in subtropiese en tropiese streke leef.
Rockman doen ‘n beroep op lede van die publiek wat onlangs in dié dam of rivierloop geswem het, en vermoed dat hulle moontlik besmet is, om hul naaste gesondheidsfasiliteit vir dringende mediese aandag te besoek.