Mense wat maatskaplike toelaes ontvang, sal hierdie maand nie toegang tot hul geld by die gewone betaalpunte kry nie. Die Suid-Afrikaanse Agentskap vir Maatskaplike Sekerheid, SASSA, noem maatreëls buite sy beheer vir hierdie jongste debakel. Die agentskap sê dat toelae-ontvangers ‘n PIN-kode sal ontvang sodat hulle toegang tot hul geld kan kry by sekere winkels, soos supermarkte en bank-outomate. SASSA-woordvoerder Paseka Letsatsi beklemtoon dat begunstigdes wel hul SASSA- of Poskantoor-bankkaarte kan gebruik.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×