Die Departement van Menslike Nedersettings het die publiek gewaarsku om nie te val vir ‘n sogenaamde regering-gesubsidieerde aanlyn huisaansoek swendelary nie.
Die departement sê die skelms vra lede van die publiek vir geld, ten einde aansoek te doen vir staatsgesubsidieerde behuising. Die departement sê hulle sal nooit vir betalings vra om aansoek te doen vir staatsgesubsidieerde behuising nie aangesien aansoeke gratis is.
Aansoeke hiervoor kan boonop nie aanlyn ingedien word nie, en individue moet persoonlik by plaaslike munisipale kantore daarvoor aansoek doen.