Die Departement van Gesondheid het ‘n waarskuwing aan die publiek uitgereik oor vervalste voorbehoedmiddels wat tans in omloop is.

SABC News berig dit word aanbeveel dat verbruikers waaksaam bly en enige verdagte aktiwiteite aanmeld.

Die waarnemende adjunk-direkteur-generaal vir Gesondheidsprogramme, Ramphelane Morewane, sê die probleem is eers tydens die Desembervakansie geïdentifiseer.

Tans lyk dit of die probleem tot Gauteng beperk is.

Morewane beklemtoon dat dit belangrik is om staatse voorbehoedmiddels te gebruik, wat gratis by openbare gesondheidsfasiliteite beskikbaar is.

Hy het die publiek aangeraai om waaksaam te wees.

Die departement werk saam met die private sektor om die verspreiding van vervalste voorbehoedmiddels te stop.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×