Mensehandel is glo ‘n groter probleem in die Vrystaat as in die res van die land.

Netwerk24 berig voorts Generaal-majoor Masebueng Mochologi van die polisie het in antwoord op vrae oor mensehandel gesê die valke ondersoek klagte daaroor in die
Vrystaat en behaal sukses met die bekamping van dié misdaad.

William Bulwane, LUR vir polisie, paaie en vervoer, het gesê die polisie het inligtingsessies in Reitz in die Oos-Vrystaat aangebied om mense oor die probleem van mensehandel bewus te maak.

Die inligtingsessies is deur talle rolspelers bygewoon en skoliere en inwoners van die Oos-Vrystaat is ook betrek.

Bulwane het gesê mensehandel is ‘n wêreldwye probleem.

Aanloklike werksgeleenthede word byvoorbeeld aangebied aan mense wat sukkel om te oorleef, en dit is dan dikwels die begin van die uitbuiting.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×