Die polisie in Johannesburg sê hulle het ʼn moontlike mensehandelnetwerk oopgevlek. Die sindikaat het na bewering vroue van Indië na Suid-Afrika gelok. Ses mans is gearresteer, en twee Indiese vroue is gered.

Die polisie het gister in ‘n verklaring gesê ‘n multidissiplinêre span, insluitend private sekuriteit, het onder leiding van die teen-ontvoeringstaakspan die vroue gered en die verdagtes vasgetrek. Die vroue is na bewering na die land gelok met valse beloftes van indiensneming.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×