Die Suid-Afrikaanse Menseregtekommissie het tot die gevolgtrekking gekom dat uitlatings wat na bewering in 2008 deur Renaldo Gouws gemaak is, haatspraak en/of teistering is. Die kommissie het Donderdag verrigtinge by die Gelykheidshof in Gqeberha teen Gouws ingestel vir die beweerde rasse-uitlatings wat met destydse sosialemediaplasings te doen het.
Dit kom nadat ’n videogreep van ’n man wat soos Gouws lyk aan die lig gekom het waar die man die K-woord en die N-woord gebruik. Gouws is ook deur die DA geskors nadat hy om verskoning gevra het vir die videogreep van 2008 wat verlede week opgeduik het.