Die span wat verantwoordelik is om die verdwyning van die sewejarige Joslin Smith van Middelpos in die Wes-Kaap te ondersoek, het gister kledingstukke gevind, wat glo aan haar behoort.

NewsKoop berig ʼn laken, asook ʼn mes, wat skynbaar met bloed bedek is, was onder die items wat saam met van haar kledingstukke in die veld gekry is. Smith word al byna twee weke vermis. Sy het verdwyn terwyl sy in die sorg van haar ma se kêrel was.

Die minister van Polisie, Bheki Cele, het gister die aomgewing besoek om te verseker dat alle hulpbronne beskikbaar gestel word om Smith op te spoor.

error: Inhoud is beskerm !!