Met brandstofpryse wat hemelhoog is, steek ‘n nuwe tendens nou kop in Bloemfontein uit. Daar is toenemend meer mense wat by vulstasies stop, hul voertuig se tenk laat volmaak en dan wegjaag sonder om vir die brandstof te betaal. Rosestad-nuus het onlangs berig oor ‘n minibus-taxi wat so op die vlug geslaan het, maar hierdie soort misdaad blyk nou nie meer geïsoleer te wees nie. Vulstasie-eienaars en -bestuurders word gewaarsku oor hierdie nuwe slenter. Mense wat hierdie misdryf pleeg, is glo geneig om die nommerplate van die voertuig met skeerskuim te bespuit, sodat die nommerplate nie op die beeldmateriaal van kringtelevisie geïdentifiseer kan word nie.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×