Met byna 500 000 ha veld wat vanaf 1 Mei in die Vrystaat afgebrand het en groot vee verliese doen Agristad, Rosestad 100.6fm se landbou afdeling, ‘n beroep op boere en almal in die gemeenskap om te help met voer vir die vee waar alles gebrand het.
Johan Gunter van Agristad nooi mense uit wat kan hulp in hierdie verband aanbied om met hom te skakel.
Indien jy kan help of weet van landbouers ook in ander provinsies wat met voer kan help, kan daar met hom geskakel word by 072 621 3345 of los ‘n boodskap by 051 412 6401.