Indien Eskom die kwessies wat onlangs tot beurtkrag gelei het doeltreffend kan aanpak, sal die maatskappy goed voorbereid wees vir die winterseisoen.

‘n Energiekenner, Ruse Moleshe, sê verder aan SABC-nuus aanlegte wat einde Februarie probleme ondervind het, sal binnekort weer aan die netwerk gekoppel wees. Eskom moes verlede maand weens swak werkverrigting by sekere kragstasies telkens beurtkrag instel ná meer as 300 dae se ononderbroke kragtoevoer.

Eskom het vroeër gesê hy sal eersdaaags sy kragvoorsieningsplan vir die winter bekendmaak waarmee hy beurtkrag oor dié tyd wil beperk.

error: Inhoud is beskerm !!