Die land se kritieke bloedtekort kan alleenlik beredder word, indien skenkers dringend gehoor gee aan die Suid-Afrikaaanse Nasionale Bloeddiens se oproep om bloed te skenk.

Terwyl bloedstore reeds voor die Kersnaweek amper leeg was, het voorraad intussen verder gedaal.

Hendrieka Beukes van die SANBS sê hoewel voorraadvlakke van Dinsdag af weer behoort te klim, is dit egter NOU van lewensbelang dat daar genoeg bloed is om lewens te kan red.

Bloemfontein se permanente skenkerpunte is by Victorian Square, Bloemplaza, en in die Southern Centre. Die Bloemplaza-skenkerpunt is weens waterskade tydelik na ‘n perseel voor die Pick n Pay verskuif.

Indien jy elders in die land met vakansie is, en via die Rosestad-toep ingeskakel is, moet jy asseblief die SANBS se webtuiste besoek om uit te vind waar jou naaste skenkerpunt is. (www.sanbs.org.za)

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×