Mense in die Midweste van die Verenigde State van AMerika, insluitend Colorado, Texas, Oklahoma en Kansas, was verstom toe hulle SpaceX se Starlink-satelliet in die atmosfeer sien terugkeer.

Die helder ligte het die aand in die lug verskyn, wat mense laat wonder het of dit ’n vuurbal, meteorietreën of moontlike buitenaardse aanval was.

Volgens The Daily Mail het baie mense die rooi en oranje ligstrepe vir ongeveer 60 sekondes gesien voordat dit verdof en verdwyn het.

Astronoom en baanrommelkenner, Jonathan McDowell, het verduidelik dat die ligskou te wyte was aan die terugkeer van ’n SpaceX Starlink-satelliet in die atmosfeer

KYK:

SpaceX Starlink Satelliet VIDEO: X (aangepas)
error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×