Bloemfonteiners moet nog so ‘n dag of wat wag voordat ou vullis van die sypaadjies af verwyder word.

Luidens ‘n kennisgewing wat deur die Mangaung Metro Munisipaliteit (MMM) uitgestuur is, is inwoners gemaan dat die oplaai van vullis weens onvoorsiene omstandighede ontwrig is.

‘n Wyksraadlid van die DA in Mangaung, Tjaart van der Walt, het aan Rosestad-nuus verduidelik die diesel by die depot het opgeraak – vermoedelik reeds verlede week Woensdag al.

Die MMM sê wel hulle begin vandag inhaal met die buurte wie se vullis sedert verlede week nie opgelaai is nie. Na beraming behoort dienste later in die week normaal hervat te word.

Van der Walt sê hy was Maandag, 3 Februarie 2025 by die depot, en sien verskeie vragmotors kry nou diesel en vaar die strate in.

Hy sê een van die betrokke beamptes het aan hom verduidelik dat die Metro in die proses is om ‘n nuwe dieselverskaffer aan te stel – en dat hulle steeds talle opsies bekyk.

Volgens Van der Walt is meer as 30 000 liter diesel nou afgelewer, wat hopelik genoeg is vir minstens 12 dae.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×