‘n Nasa-ondersoek na honderde VVV-waarnemings – oftewel vreemde vlieënde voorwerpe – het bevind daar is geen bewyse dat ruimte-wesens agter die onverklaarbare verskynsels was nie. Maar, die ruimte-agentskap kon ook nie daardie moontlikheid uitsluit nie. Die BBC berig dat, as die waarheid daar buite is, hul langverwagte verslag geen bewyse bied nie. Intussen het dit wat na bewering die oorskot is van twee sogenaamde ‘nie-menslike wesens’ in ‘n spesiale sitting van die Mexikaanse kongres verbasing en ongeloof ontlok – en ‘n spottery op sosiale media veroorsaak. AFP berig die beweerde gemummifiseerde oorblyfsels is, is vandeesweek in twee klein vertoonkaste uitgestal op die eerste geleentheid waar die Mexikaanse kongres amptelik die kwessie van moontlike buiteaardse lewe belig het. Netwerk24 skryf die beweerde ‘lyke’ wat gryserig is en waarvan die gelaatstrekke soortgelyk is aan die van mense, is by die kongres ingebring deur Jaime Maussan ‘n omstrede Mexikaanse joernalis en navorser wat voorheen berig het dat die oorskot in 2017 in Peru gevind is.