Mej. Suid-Afrika 2024-wenner, Mia Le Roux, sal weens gesondheidsredes nie aan vanjaar se Mej. Heelal-kompetisie deelneem nie.

Eyewitness News berig die organisasie het dit Vrydagoggend bevestig.

Die Mej. Heelal-kompetisie vind hierdie naweek plaas.

Le Roux, die eerste gehoorgestremde wenner in die kompetisie se 66-jarige geskiedenis, is in Augustus vanjaar gekroon. Sy is met gehoorverlies gediagnoseer toe sy ’n jaar oud was en gebruik ’n kogleêre inplanting.

In reaksie op haar afwesigheid by die Mej. Heelal-kompetisie, het Le Roux gesê sy is uiters dankbaar vir die onwrikbare ondersteuning van Suid-Afrika.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×