Die voormalige Eskom-kontrakteur, Michael Lomas, bly in aanhouding.
Lomas het Vrydag in die Palm Ridge Gespesialiseerde Handelsmisdaadhof in Gauteng vir ‘n borgtogaansoek verskyn. Hy is verlede week uit die Verenigde Koninkryk uitgelewer op aanklag van bedrog en korrupsie ter waarde van R1,5-miljard.
Lomas het uit Suid-Afrika gevlug nadat hy in 2021 in hegtenis geneem is en borgtog toegestaan is. Hy het glo kontrakte by die Kusile-kragstasie tussen 2008 en 2018 gemanipuleer. Sy saak is tot 28 Oktober uitgestel sodat sy regspan van besonderhede van die aanklagte teen hom voorsien kan word.