Die mans in die wêreld moet vroue en meisies beskerm teen ander mans. So het Michelle Obama gesê tydens ‘n paneelbespreking in Kaapstad saam met die menseregte prokureur, Amal Clooney, Melinda Gates en die filantroop Graca Machel. Obama, stigter van die Girls Opportunity Alliance, het gesê as vrouens mag wil hê moet mans na vroue en meisies omsien. Die vroue het gepraat oor kwessies soos kindersbruide en vroeë swangerskappe wat meisies van hulle drome ontneem. Gates het meisies aangemoedig om te sê hulle wil ‘n ander lewe hê en hul drome navolg. Gates het gesê meisies se drome word verruil vir kinderhuwelike wanneer hulle verkoop word aan ouer mans. Die groep vroue was op ‘n uitreik aksie in Malawi om die stryd teen kinderhuwelike te ondersteun en geslagsgelykheid te bevorder.