Die regstelling van ‘n fout in ‘n Microsoft-opgradering, sal moontlik dae neem om in werking te stel.
Dit is luidens ‘n Kuberveiligheidsmaatskappy, CrowdStrike, wat ‘n verklaring uitgereik het waarin hy sê die tegniese fout in rekenaarstelsels het talle ondernemings soos lug- en treindienste, bankdienste en regeringsdienste oor die wêreld heen geraak.
LEES MEER: Capitec en Microsoft se tegnologiese kwessies veroosaak chaos vir kliënte
Rosestad-nuus het vroeër berig meer as 22 miljoen Suid-Afrikaners het Vrydagoggend wakker geword met ‘n boodskap van Capitec dat hulle landwye dienskwessies ondervind. Volgens die finansiële instansie was daar ‘n onverwagse probleem met ‘n internasionale diensverskaffer, wat verband hou met die kwessie by CrowdStrike