Die mielie-oes skattings komitee van Suid-Afrika, of CEC, sê die mielieoes kan vanjaar 20% minder wees vergeleke met verlede jaar. Die oorsaak daarvan is droogte in die mielie-produserende streke asook die El Nino-weerverskynsel.

SABC news berig die hoof-ekonoom van Agbiz, Wandile Sihlobo, sê boere het die huidige seisoen egter meer aangeplant as die vorige seisoen maar die gebrek aan reën sedert Februarie gaan die oeste ‘n knou toedien. Die vorige seisoen het ‘n oes van 13,2 miljoen ton opgelewer. Sihlobo sê vanjaar se oes sal die laagste in vyf jaar wees.

Die oes sal steeds aan Suid-Afrika se jaarlikse verbruik voldoen, maar dit laat die land met ‘n klein surplus vir uitvoer. Die tekort aan witmielies kan die land onder druk plaas, aangesien dit skaars op wêreldmarkte is vir invoer.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×