Minstens 49 burgerlikes en 15 soldate is dood toe Islamitiese militante gister ‘n militêre kamp en ‘n boot in die noordooste van Mali aangeval het.
Reuters berig luidens amptenary is talle mense ook gewond, en sal die dodetal na verwagting styg.
Mali is een van verskeie Wes-Afrika-lande wat geteister word deur militante groepe wat glo bande met Al-Kaïda het.
Drie dae van nasionale rou is weens die voorval deur Mali se tussentydse regering verklaar.