Sowat R2,9-miljard se uitstaande eise is deur die Werkloosheidsversekeringsfonds (WVF) in die eerste en tweede kwartaal van die huidige boekjaar, aan kwalifiserende begunstigdes, betaal.

SABC News berig die Minister van Indiensneming en Arbeid, Nomakhosazana Meth, het die Portefeuljekomitee ingelig oor die jaarlikse prestasieverslag vir die jaar onder oorsig.

Volgens Meth is hierdie uitbetalings ‘n groot prestasie. Sy voeg by dat beduidende vordering gemaak is om die agterstande met uitstaande eise aan te spreek, met 99% van goedgekeurde voordele wat binne tien werksdae betaal is.

Sy het ook die komitee verseker dat haar departement die kwessies wat deur die ouditeur-generaal geopper is, hanteer.

Pogings om interne beheermaatreëls te versterk is ook aan die gang.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×