Die aankondiging dat Mircrosoft Suid-Afrika R5,4 miljard in kunsmatige intelligensie (KI) infrastruktuur in die land gaan belê, is deur die minister van die presidensie, Khumbudzo Nshavheni, verwelkom.

Microsoft het vroeër vanjaar aangekondig dat hulle teen 2026 een miljoen Suid-Afrikaansers van opleidingsgeleenthede in KI- en kubersekuriteit sal voorsien.

Die minister het na afloop van ‘n kabinetsvergadering gesê hierdie belegging sal Suid-Afrika se posisie as ‘n toonaangewende KI-spilpunt in Afrika versterk, en sal ook op die R20,4 miljard beleging die afgelope drie jaar voortbou.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×