Belastingbetalers moes die afgelope drie jaar behoorlik opdok vir hospitale landwyd vir veiligheids-en skoonmaakdienste deur privaat kontrakteurs.

Die minister van Gesondheid, Dokter Joe Phaahla, het in die parlement geantwoord dat provinsiale departemente van gesondheid in die Oos-Kaap, Noord-Kaap, Noordwes
en KwaZulu-Natal gedurende die tydperk miljarde rande onreëlmatig aan private veiligheidsdienste bestee het.

Phaahla het geantwoord op ‘n vraag van die EFF en gesê meer as R700 miljoen word elke jaar onreëlmatig bestee aan kontrakte vir veiligheidsdienste by staatshospitale in Gauteng.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×