Dat minstens 3,5 miljoen hoenders die afgelope tyd in die land weens voëlgriep dood is, of van kant gemaak moes word, is ook ‘n astronomiese bron van kommer vir boere in die Vrystaat.
François Wilken, president van Vrystaat-landbou, sê luidens ‘n verklaring, entstowwe vir pluimvee word streng gereguleer.
Entstof is egter nie altyd geredelik, óf betyds beskikbaar nie, aangesien voëlgriep uiters vinnig muteer.
Wilken sê as dit in die pluimveebedryf kan gebeur, kan hierdie soort rampspoed ook onder bees en skaap kop uitsteek.
Die Vrystaat het sy bek-en-klouseer-vrye status in 2022 verloor weens uitbrekings wat uit “beheerde gebiede” in Limpopo en KwaZulu-Natal na die Vrystaat versprei het.