Die regering gaan poog om teen die einde van die jaar 1,5 miljoen huishoudings in landelike gebiede deur agt-duisend-vier-honderd en 15 WiFi-punte aan die internet te koppel.

Netwerk 24 berig dit is ‘n program wat oor die volgende drie tot vier jaar sowat 5,5 miljoen huishoudings in tradisioneel swart woonbuurtes en landelike gebiede deur meer as 32-duisend WiFi-punte aan die internet te koppel. Die minister van kommunikasie, en digitale tegnologie, het gister gesê die regering werk ook daaraan om meer as 21-duisend skole, klinieke, hospitale, biblioteke asook kantore en huise van tradisionale leiers oor die volgende drie jaar aan die internet te koppel.

error: Inhoud is beskerm !!