Die minister van Basiese Onderwys, Siviwe Gwarube, is bekommerd oor kinders wat nie toegang het tot vroeë kinderontwikkelingsprogramme nie.
Volgens haar raak dit veral kinders uit swart en arm gemeenskappe.
Die departement het nou ’n veldtog geloods om toegang te verbeter en beplan om tienduisend nuwe ontwikkelingsentrums te open.
Gwarube sê die regering werk saam met die privaatsektor en burgerlike samelewing aan die inisiatief.