Riaan Benadé, ‘n kunstenaar wat reeds sy stempel in die plaaslike asook internasionale musiekbedryf afgedruk het, spog nou met nog ‘n eerste op sy kerfstok.

Nuusflits berig Riaan is die eerste Afrikaanse kunstenaar van wie twee liedjies, Spontaan en Vat ‘n Bietjie, 10 miljoen keer op Spotify gestroom is. Riaan se Pa, Franna, met sy seun gespog en gesê na soveel streams vat mens seker spontaan ‘n bietjie.

Rosestad 100.6fm was Riaan se mediaborg by vanjaar se Bloemskou en volgens die algemene bestuurder, Bernie Naude, het die stasie al ‘n jarelange verhouding met hom, nie net as kunstenaar nie maar ook as vriend.

As ‘n Afrikaanse radiostasie wil die trots Bloemfontein-radiostasie hom geluk wens met wat hy alles vir Afrikaans in kuns doen.

error: Inhoud is beskerm !!