Die regering het in die afgelope vier boekjare meer as R10-miljoen opgedok vir die salarisse van direkteurs-generaal wat met volle betaling geskors is.

Dit het aan die lig gekom in ‘n geskrewe antwoord van die presidensie op ‘n vraag van die DA in die parlement. Die direkteurs-generaal is vir wangedrag ondersoek.

SABC-nuus berig die direkteur-generaal van Verdediging en Militêre Veterane, Irene Mpolweni, is steeds geskors. Die voormalige direkteur-generaal van Openbare Ondernemings, Khathatso Tlhakudi is na ‘n jaar se skorsing eers afgedank, terwyl die voormalige direkteur-generaal van Openbare Werke en Infrastruktuur, Sam Vukela se skorsing eers na twee jaar afgehandel is.

Die DA-LP, Mimmy Gondwe sê dit kom algemeen voor in die staatsdiens. In sommige gevalle is die skorsing tot 10 jaar lank. Gondwe sê dit is duidelik dat die Presidensie nie tugstappe binne ‘n redelike tydperk kan afhandel nie.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×