Die DA het sy kommer uitgespreek nadat hy ‘n gedetailleerde uiteensetting van die minister van Polisie, Senzo Mchunu, ontvang het oor strafsake wat sedert 2018 sonder resultate gesluit is. Die verslag onthul dat die polisie meer as 5,4-miljoen dossiere sonder resultaat weens onvoldoende bewyse gesluit het.

Dit sluit meer as 76 000 moordsake, 61 000 verkragtingsake en 256 000 sake van roof met verswarende omstandighede in. Die DA meen dit beklemtoon die polisie se gebrek aan dossierbestuur en personeeltekorte. Die party se Lisa Schickerling sê hulle sal die nasionale polisiekommissaris versoek om hierdie aangeleentheid verder te voer.

AfriForum sê intussen die Suid-Afrikaanse Polisiediens en die land se buurtwag-groepe moet hande vat vir suksesvolle misdaadbekamping. Senzo Mchunu, minister van polisie sê daar is ‘n reuse tekort aan SAPD-speurders in polisiegeledere. Jacques Broodryk, AfriForum-woordvoerder vir gemeenskapsveiligheid, sê buurtwagte beskik dikwels oor toegang tot uiters waardevolle inligting. Dit kan help met ondersoeke, asook met die bekamping en voorkoming van misdaad

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×