‘n Besending dwelms met ‘n straatwaarde van soveel as R236-miljoen is op die OR Tambo Internasionale Lughawe onderskep voordat dit die land kon verlaat. Dit kom nadat doeanebeamptes van die Suid-Afrikaanse Inkomstediens (SAID) by die lughawe ‘n vrag wat vir Australië bestem was onderskep het. Gekristalliseerde Metamfetamien wat sowat 785 kilogram weeg was in die vrag versteek. Die Valke is ingelig en hulle sal verdere ondersoeke doen.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×