Die Valke in die Vrystaat het R9 miljoen se gesteelde Eskom en Centlec-eiendom by ‘n erf aan die buitewyke van Bloemfontein teruggevind.

Free State World berig speurders van die Valke se ernstige georganiseerde misdaadondersoek-eenheid het die hof genader vir ‘n lasbrief nadat hulle verneem het van ‘n pakhuis op die erf waar die buit glo gestoor word.

Die Valke se woordvoerder, Kolonel Zweli Mohobeleli, sê hulle het verskillende spannings transformators, rolle koperkabels en verskeie los items, insluitend elektrisiteitsmeterbokse, gevind toe hulle die perseel deursoek het.

Die eiendom is positief deur Eskom-amptenare geïdentifiseer.

error: Inhoud is beskerm !!