’n Verdagte sal eersdaags in die Bloemfonteinse landroshof verskyn nadat hy met onwettige sigarette in die Mangaung Metro middestad gevind is.
Volgens polisie woordvoerder, Mahlomola Kareli, het die Parkweg taktiese reaksiespan op intelligensie-geleide inligting, oor ‘n pakhuis wat glo onwettige sigarette stoor, gereageer. ‘n 41-jarige man is inhegtenis geneem nadat die pakhuis deursoek is en daar op 97 bokse ongewettige sigarette, met ‘n waarde van net onder die R2-miljoen beslag gelê is.
Die Vrystaatse kommisaris, Baile Motswenyane, sê hierdie tipe onwettige aktiwiteite beinvloed die ekonomie negatief, en het die span ‘n pluimpie vir hulle reaksie op hierdie ontwettige aktiwiteite gegee.