Die polisie in Gauteng en die Wes-Kaap het beslag gelê op vervalste goedere ter waarde van meer as R94-miljoen tydens ‘n verwyderingsoperasies.

Die goedere sluit klere, tekkies, rugsakke, toiletware, haarverlengings, handelsmerkverpakking, etikette, masjinerie en ander toerusting in.
Dit is in beslag geneem by verskeie stoorgeriewe rondom Gauteng en ‘n winkelsentrum in die Wes-Kaap.

Volgens ‘n polisiewoordvoerder, luitenant-kolonel Amanda van Wyk, het beamptes ook vyf verdagtes in hegtenis geneem vir die oortreding van die Wet op Vervalste Goedere en die Immigrasiewet.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×