Miljoene rande se water vermors in Bloemfontein

Volgens DA-Raadslid in die Mangaung Metro, Rossouw Botes, het daar in die afgelope drie boekjare in die Mangaung-metrogebied sowat R670-miljoen se skoon drinkwater verlore gegaan weens lekkasies en gebarste waterpype wat nie spoedig reggemaak is nie.

Volgens Rossouw kom dié syfer van die ouditeur-generaal se verslae van die boekjare tussen 2017 en 2020.

Netwerk24 berig die bedrag sluit ook water wat verlore gegaan het weens onwettige water-konneksies wat gemaak is in.

Botes sê verder dat sowat 319-duisend-47 slaggate met die verlore geld herstel kon word. Hy het verder gesê dat die bedrag beteken dat sowat 35-miljoen kiloliter water verlore gegaan het.

Luister na potgooie hieronder