Toe die nood met beurtkrag begin druk, was almal in die duister oor presies wanneer, en vir hoe lank hulle kragloos – of is dit dalk kragteloos? – sou wees.

Die manne van die beurtkrag-toep EskomSePush het in 2014 begin om boodskappe tussen vriende en kollegas rond te stuur om inligting oor beurtkrag uit te ruil.

Herman Maritz en Dan Southwood-Wells het kort hierna EskomSePush begin, en nagenoeg 6 miljoen Suid-Afrikaners het nou hierdie toepassing op hul selfone.

Dié toep wat letterlik nou van krag tot krag gaan, waarsku jou wanneer beurtkrag jou gaan tref en ook vir hoe lank jy in die duister gelaat gaan word.

Rapport berig daar word nou beplan om ook die aanwesigheid van wateronderbrekings en brande by die toepassing in te sluit.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×