In ‘n poging om nuwe Tuberkulose infeksies hok te slaan en TB-verwante sterftes te verminder beplan die regering om jaarliks vyf miljoen Suid-Afrikaners te toets.
SABC News berig alhoewel dit geneesbaar is, bly TB een van die grootste oorsake van sterftes wêreldwyd. In Suid-Afrika is dit die hoofoorsaak van sterftes by mans.
In 2023 alleen is 270 000 nuwe TB-gevalle aangeteken, wat tot 56 000 sterftes gelei het – 54% daarvan was mense wat met MIV leef.
Die minister van gesondheid, Aaron Motsoaledi, het die toetsteiken by ‘n mediawerkswinkel in Sandton aangekondig dae voor Wêreld-TB-dag op 24 Maart herdenk word en die End TB-veldtog geloots sal word.