Kuberafpersers het verlede jaar gemiddeld R18 miljoen gekry van Suid-Afrikaanse maatskappye wat aangeval en afgepers is en dan die losprys betaal het. Netwerk 24 berig die koste om ‘n aanval te herstel, die losprys uitgesluit, het met 38% teenoor die vorige jaar gestyg.

Die kostes om so ‘n aanval om te keer, kan so hoog soos R40 miljoen wees. Dit sluit die verliese in wat ondernemings ly wanneer die stelsels stilstaan.

Luidens ‘n peiling onder 14 lande wat deur die internasionale kuberveiligheidsgroep, Sophos, gedoen is, is Suid-Afrika naas Frankryk die land met die hoogste kuberafpersingskoers. 

 

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×