Die minister van Binnelandse Sake, Leon Schreiber, sê Suid-Afrika het hierdie jaar binne vyf maande, meer as 52 miljoen rand bestee om net minder as 18-duisend buitelanders wat onwettig in die land is, te deporteer.

Daar is verder in totaal meer as 150-duisend aangetekende asielsoekers en vlugtelinge in die land, met die meeste van Ethiopië, die Demokratiese Republiek van die Kongo en Bangladesj.

Onwettige immigrante stroom na Suid-Afrika aangesien dit vir hulle ‘n aantreklike bestemming is om ʼn lewe te skep, wat ‘n massiewe las op die land se belastingbetalers plaas.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×