Min jongmense is geregistreer om volgende jaar te stem
’n Nuwe opname oor volgende jaar se verkiesing toon dat die aantal jongmense wat in Suid-Afrika geregistreer is om te stem, laag bly. Die SA Kiesersentimentverslag toon dat 40 persent van mense tussen 20 en 29 jaar geregistreer is om te stem, terwyl 20 persent van diegene tussen 18 en 19 jaar geregistreer is. Die verslag sê byna sewe miljoen ongeregistreerde kiesers is onder die ouderdom van 30, en byna 11-miljoen ongeregistreerde kiesers is onder die ouderdom van 40.
Ons gebruik koekies om te verseker dat ons u die beste ervaring op ons webwerf gee. As u voortgaan om hierdie webwerf te gebruik, sal ons aanvaar dat u tevrede is daarmee.OkPrivaatheidsbeleid