Min twyfel bestaan oor ‘n massastaking op pad in die staatsdiens

Meer as 230 000 staatsamptenare is tans aan’t stem oor ‘n moontlike staking.

Netwerk 24 berig dat dit gaan oor die staat se versuim om ‘n eerbiedige loonaanbod vir die jaar te maak.

Die Vereniging van Staatsamptenare, oftewel VSA, het gister bekend gemaak dat sy lede sedert 17 Junie aan ‘n stemming hieroor deelneem.

Die geheime stemming sal teen 28 Junie afgehandel wees.

Reuben Maleka, woordvoerder van VSA, sê dat die vakbond dan ‘n duidelike mandaat van sy lede behoort te hê.

Die VSA, ‘n onafhanklike vakbond, is die eerste vakbond wat amptenare verteenwoordig, wat aandui dat hy hom gereedmaak vir ‘n massastaking.

Volgens Maleke, is al wat die VSA vra, dat die staat met hulle in gesprek sal tree, maar dit gebeur tans nie.

Luister na potgooie hieronder