Die minister van Polisie, Bheki Cele, sê bykomende wetstoepassers sal ontplooi word om die langdurige kwessie van onwettige mynwerkers, of zama zamas, by Riverlea, Suid van Johannesburg, te hanteer.

Hy het die gebied gister besoek, ná die dood van ‘n persoon verlede week, en die meer onlangse ontdekking van vyf liggame van mense wat vermoedelik zama zamas was.

Doktor Roy Jankielsohn DA-leier in die Vrystaat, het vroeër aan Rosestad-nuus gesê onwettige mynboubedrywighede is ook ‘n enorme probleem in die Vrystaatse Goudveld.

Hy meen dit kan net opgelos word indien die regering daadwerklik optree.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×