Doktor Blade Nzimande, minister van hoër onderwys, wetenskap en innoverings, wil die Universiteit van Suid-Afrika, of Unisa, onder administrasie plaas.
Maroela Media berig Nzimande beoog om ʼn administrateur by Unisa aan te stel.
Ingevolge wetgewing wat hom bemagtig om so ‘n stap te neem, sal die raad van universiteit met die aanstelling van ʼn administrateur ontbind word.
Verslae wat deur ‘n onafhanklike assessor saamgestel is, dui skynbaar op ernstige wanadministrasie.
‘n Ministeriële taakspan het onafhanklik ondersoek ingestel om te bepaal of Unisa sy mandaat vervul.
Die span het glo ongerymdhede opgediep wat katastrofiese gevolge vir die finansiële volhoubaarheid van die universiteit kan inhou.
Unisa se raad het nou sewe dae om op Nzimande se brief oor die beoogde administrasie te reageer.